Lede van Ermelo Fotoklub bekyk die wêreld van bo
Die lede skryf maandeliks drie foto’s in die ope-afdeling en een foto in die afdeling vir vasgestelde onderwerpe in.
ERMELO – Ermelo Fotograwe het verlede maand die wêreld van bo bekyk, op soek na fotogeleenthede om vir dié maand se vasgestelde onderwerp in te skryf.
Die klub se lede het op 11 Augustus hul inskrywings vir beoordeling ingestuur.
Mnr. Jannes Drotsky van Bethal Fotoklub was vandeesmaaand se beoordelaar.
Ermelo Fotoklub se voorsitter, me. Christa Strauss, het vertel dat mnr. Drotsky beïndruk was met die juniorlede se foto’s.
Die lede skryf maandeliks drie foto’s in die ope-afdeling en een foto in die afdeling vir vasgestelde onderwerpe in.
Die vasgestelde onderwerp vir die maand was om iets van bo af te neem.
Me. Marí Kruger het die juniorafdeling met haar foto, “Autumn Fairy”, gewen, en me. Annamarie du Preez se foto, “Iets van bo”, het die seniorafdeling gewen.



