Modelle op Secunda en Bethal reik uit na gemeenskap
Skenk ’n blikkiekos en ondersteun modelskool.
Modelle van die JeneSaiQuoi Model-akademie vier vrouemaand deur ’n nuwe projek wat hulle onlangs geloods het.
Me. Tanya Maartens, stiger van dié akademie wat op Bethal begin het en nou ook na Secunda uigebrei het, het gesê hulle is tans op soek na vroue wat deur trauma gegaan het.
Hulle wil dan vir dié vroue ’n dag reël waar hulle grimering gedoen gaan word en ’n fotosessie deur ’n professionele fotograaf.
Belangstellendes kan vroue wat hulle dink so ’n dag verdien, op die JeneSaiQuoi Modelling School se Facebook-blad nomineer.
Modelle het vroeër vanjaar reeds begin om klere en linne bymekaar te maak as deel van hulle 67 Minute vir Mandela en dit aan Secunda Gratis en Verniet-groep geskenk om dit aan behoeftige mense uit te deel.
Die JeneSaiQuoi Model-akademie samel tans nie-bederfbare produkte in en belangstellendes is welkom om hulle te ondersteun deur ’n blikkiekos te skenk.
Vir meer inligting, skakel me. Maartens by 076 192 4420 of me. Launa Jansen van Vuuren by 061 065 7417.



