Local newsNews
Sopkombuis op Standerton voed nagenoeg 290 mense
'n Behoefte bestaan ook aan ’n 9kg-gasbottel vir die swartpot waarop die kos voorberei word.
Nagenoeg 290 mense het op Donderdag 19 Augustus in die ry by Kasselman Veiligheidsdienste (KVD) ingeval.
Die sopkombuis het oudergewoonte ’n vullende, geurige maaltyd aan mense in nood voorsien.
Die spyskaart word afgewissel en inwoners kon fyn hoender met rys, groente en pasta geniet, met die grondboontjiestafie, broodjie en pap daarby.
KVD het enigeen met ’n ekstra blikoopmaker gevra om dit vir dié goeie doel te skenk.
’n Behoefte bestaan ook aan ’n 9kg-gasbottel vir die swartpot waarop die kos voorberei word.
Hul borge wat die vrieskas en stoorkamer volhou, is vir hul bydraes bedank.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



