September is Annebel-maand
Die pakkies bevat produkte soos sjampoe, deodorant, seep, tandepasta, handeroom en sanitêre produkte.
ERMELO – Die Annebel-stigting vier vanjaar hul 10de bestaansjaar en ondersteun tans 54 dogters in Ermelo.
Me. Saretha Ferns, die bestuurder van Annebel, het gesê: “Maandeliks deel dié stigting bederfpakkies aan hierdie dogters uit wat hulle nie soos welsynsgevalle laat voel nie, maar eerder soos prinsesse.”
Die pakkies bevat produkte soos sjampoe, deodorant, seep, tandepasta, handeroom en sanitêre produkte.
Opgeleide takbestuurders oorhandig die pakkies maandeliks aan die dogters en daar word heerlik tydens die byeenkomste gekuier.
Die koste van ’n Annebel-dogterspakkie beloop ongeveer R150 per maand.
“Indien die Here dit op jou hart plaas om een van hierdie seuns of dogters ‘aan te neem’ en om hom/haar maandeliks van ’n pakkie te voorsien, wil ons jou nooi om in verbinding met ons te tree.”

Die bankbesonderhede vir die organisasie is:
• Annebel Ermelo: Capitec, takkode: 470010, spaarrekening, rekeningnommer: 1667210473, verwysing: jou naam en “Annebel”.
Kontak me. Saretha Ferns by 082 302 5335 vir inligting oor Annebel.



