Local newsNews

Daniel stabiel na fratsongeluk, jafelverkoping word geloods om geld in te samel

Intussen het die gesin via Facebook laat weet dat Daniel stabiel is, en hul per ambulans onderweg is na Pretoria.

’n Jafelverkoping word beplan om geld in te samel vir jong Daniel Kerswell wie gistermiddag in ’n fratsongeluk, raakgery is.

Ten tye van die voorval was me. Danelle Kerswell en haar twee seuns besig om ontbyt te maak.

Haar man wou ry en toe me. Kerswell opkyk was Daniel net spoorloos.

Sy het haar na buite gehaas waar sy hom bewusteloos agter die voertuig aangetref het.

Hy is daarna in die hospitaal opgeneem met ‘n gebreekte sleutelbeen, heup en sy longe is na wat verneem word ook beskadig.

LEES OOK: Ouers vra vir gebed na twee-jarige raakgery is in Ermelo

Intussen het die gesin via Facebook laat weet dat Daniel stabiel is, en hul per ambulans onderweg is na Pretoria.

Hy is ook vir Covid getoets en die uitslae was negatief.

Daniel Kerswell wie in ’n fratsongeluk raakgery is, is onderweg na Pretoria per ambulans.

Die Kerswell-gesin beskik nie oor ’n mediesefonds nie.

Mense wat bestellings wil plaas kan met Elize of Julia in verbinding tree:
 
Elize: 082 574 1592
Julia: 060 905 7150
 
Jafels beloop R20 en alle bestellings moet teen 9 September in wees.
 
Jafels kan vanaf 10:00 by Karel Kameelperd Dagsorg, 97 De Bruin Straat, op 10 September afgehaal word.
 
Aflewerings kan aangevra word vir groot bestellings.
 
Enige persoon wie ’n geldelike bydrae vir Daniel se mediese uitgawes wil maak, kan ook die rekening gebruik:
 

D Spies, ABSA, Spaar rekening, Rekening nommer: 878163060, Verwysing: Daniel.

 
 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button