Local newsNews

Ermelo fotoklub spog met vervoer-fotos

Die vasgestelde onderwerp vir die maand was "vervoer", en die lede het almal pratige foto's ingeskryf.

ERMELO – Die Ermelo Fotoklub het op 3 September ’n klubaand geniet, waartydens die lede se foto’s beoordeel is.

Die vasgestelde onderwerp vir die maand was “vervoer”, en die lede het almal pratige foto’s ingeskryf.

Me. Adele Smit se foto “Waving flyby” het in die juniorafdeling gewen, terwyl mnr. Andrew Roos se foto “Swart Buick” in die seniorafdeling gewen het.

In die ope-afdeling is me. Rose Venetia se foto, “Stille rivierstroom”, as die wenner in die 1-sterafdeling aangewys.

Die wenner van die 2-sterafdeling was me. Adele Smit met haar foto “Flying colours”.

Dié foto is ook as die algehele wenner van die juniorafdeling aangewys.

Me. Ashley Teixeira se foto “Waiting for you” het in die 3-sterafdeling gewen.

In die 4-sterafdeling het mnr. Jacques Kruger se foto “Dung fly” gewen, terwyl mnr. Jan van Niekerk se foto “Olifantbulle, Etosha” in die 5-sterafdeling gewen het.

Mnr. Van Niekerk se foto is ook as die algehele senior wenner aangewys.

Die klub se volgende inskrywings sluit op 15 Oktober, en die fotograwe se vasgestelde onderwerp vir die maand is “groente”.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button