Local newsNews

Secunda VLU-vroue vier lentedag

Belangstellendes is welkom om volgende vergadering by te woon.

Lede van die Secunda VLU-tak het op Woensdag, 1 September lentedag gevier.

Me. Rosa Black en haar dogter, me. Alma Black, het vir elke lid ’n spekboom gegee en hulle ook meer van dié bome vertel.

Die spekboom is die VLU se Boom van die Jaar.

Me. Black het gesê die spekboom is ’n eg Suid-Afrikaanse plant en inheems aan die Oos-Kaap waar olifante dit as ’n heerlike snoepery beskou.

“Die spekboom kan maklik gekweek word,” het me. Black gesê.

“Sny of breek ’n stukkie van die spekboom af en laat dit vir een of twee dae uitdroog en druk dit dan in die grond.

“Gee dit ’n bietjie water en binne ’n paar dae sal jy jou eie spekboom hê.”

Me. Black het die VLU-lede gemaan om hul spekbome nie te veel water te geen nie, want dan sal dit verrot.

Spekbome aard in die meeste grondsoorte en dreinering moet goed wees.

Die Secunda VLU-tak het ook hul maandelikse kompetisie gehou en die wenners is me. Launa Jansen van Vuuren met haar gebreide serp asook haar kolletjies kuns, me. Teresa de Wet met haar lappop en me. Black met babakousies wat sy gebrei het.

Dié tak vergader weer op Woensag, 6 Oktober om 09:30 in Die Ark by die N.G. Kerk Secunda-Oos/Goedehoop-gemeente.

Vir meer inligting, skakel me. Jansen van Vuuren by 061 065 7417.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button