Local newsNews

Standerton se Edelvalkers sluit jaar op hoë noot af

Edelvalk-tak het drie spanne vanjaar by die nasionale kompetisie in Bloemfontein ingeskryf en die Swartwildebeesspan het algeheel eerste geëindig.

Die Edelvalk-tak van die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging se jaareindfunksie het gepaardgegaan met toekennings oor ’n wye spektrum.

Stoffel Bester het die verwelkoming behartig en ook die afgelope seisoen se welslae met die gehoor gedeel.

Edelvalkers is bygestaan deur ’n komitee wat in hul afsonderlike portefeuljes bydraes tot die sukses van die tak gelewer het.

Die komitee het ook ’n blyk van waardering gekry. Bester het ’n oorsig gegee oor prestasies op tak-, nasionale en internasionale vlak.

Sy indrukke sal volledig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser gepubliseer word. Johan Geldenhuys is as veelsydigste skut aangewys.


LEES OOK: Olie in rioolstelsel op Delmas bly ’n raaisel


Edelvalk-tak het drie spanne vanjaar by die nasionale kompetisie in Bloemfontein ingeskryf en die Swartwildebeesspan het algeheel eerste geëindig.

Die span het bestaan uit Jako Steenkamp, Bester, Xander Bailey en Drian Podges. Die Ribbokke en Blesbokke het onderskeidelik 13de en 17de geëindig.

Die kersie op die koek is egter die wêreldkompetisie in Engeland vanjaar waar Bester en Jaco Booysen die vaandel hoog gedra het.

Daar sal meer volledig oor hul prestasies in die volgende uitgawe berig word.

Wenners is na die verhoog geroep om trofees in ontvangs te neem alvorens aangesit is vir aandete.


LEES OOK: Boot camp in eMbalenhle helps to get people in shape


At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button