Cullinan Rugbyklub is reg vir aksie
Spelers sien uit na die nuwe seisoen.
Ná die afgelope vier weke se fiksheid en kondisionering, is die Cullinan Rugbyklub spelers slaggereed vir die nuwe seisoen.
Die eerste vriendskaplike wedstryd is op 11 Februarie tuis teen Loskop Rugbyklub van Groblersdal gespeel.
“Die wedstryde is ‘n jaarlikse instelling en dit lewer elke jaar puik rugby op. Die manne van die noorde speel altyd hard en kompeterend, daarom gaan dit ‘n goeie toets vir ons spelers wees,” het afrigter André van der Merwe gesê.
“Ons is geseënd met ’n goeie opkoms in spelergetalle, met gesonde kompetisie vir plekke in die spanne,” het Van der Merwe bygevoeg.
Die klub nooi die gemeenskap, asook voornemende borge om hulle te ondersteun en om deel te word van dié rugbyfamilie.
ALSO READ: Brave souls take on 5km at river park in Standerton
Tuiswedstryde en tye is:
11 Februarie
14:45: Cullinan 2 teen Loskop 2
16:00: Cullinan 1 teen Loskop 1
18 Februarie
14:45: Cullinan 2 teen Delmas 1
16:00 Cullinan 1 teen Silwer Valke 1
25 Februarie
14:45: Cullinan 2 teen KD 2
16:00 Cullinan 1 teen KD 1




