Local newsNewsStreeknuus

Malita-oues van Delmas se breinaalde klap vir behoeftige kinders

Die vroue het intussen fluks aan die werk gespring en met liefde teddiebere gebrei en op Saterdag, 4 Februarie was die eerste sowat 50 kleurvolle, gebreide speelgoed aan die Hervormde Kerk oorhandig.

Malita se brei-tannies hou hul besig met ’n projek ten bate van minder gegoede kleingoed. Die Hervormde Kerk van Delmas het Rata maatskaplike dienste in Brakpan op Vrouedag (9 Augustus) verlede jaar besoek.

Tydens die besoek is daar onder meer kospakkies vir minder gegoede inwoners in die Brakpan-omgewing uitgedeel.

“Ons het hier besef soveel kindertjies was die dag teenwoordig en daar was nie werklik iets spesifiek vir die kinders nie,” het dr Martin van Rensburg, predikant van die Hervormde Kerk op Delmas gesê.

So het die beertjie-projek tussen die inwoners van Malita Aftree-oord op Delmas ontstaan.


LEES OOK: Parkrunners reach milestones at Secunda parkrun


Die vroue het intussen fluks aan die werk gespring en met liefde teddiebere gebrei en op 4 Februarie is die eerste sowat 50 kleurvolle, gebreide speelgoed aan die Hervormde Kerk oorhandig.

“Ons beplan om weer later vanjaar ’n besoek aan Rata in Brakpan te bring en wil ons dan probeer om ook aan elke kleinding ’n gebreide speelding te oorhandig.

“Ons as gemeente wil aan elkeen van die tannies wat so vlytig en met soveel liefde vir hierdie goeie saak brei, baie dankie sê vir hulle inisiatief en moeite,” het Van Rensburg afgesluit.

Die vlytige breiers van Malita Aftree-oord het gevra dat enige oorskiet wol of vulsel aan hulle geskenk word.




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button