Local newsNews

Dr Leon Pelser neem weer eens beste foto by Hoëveld Fotografieklub

Belangstellendes is welkom om volgende vergadering op 4 Augustus by te woon.

SECUNDA – Dr. Leon Pelser was weereens die beste fotograaf in die voorgeskrewe onderwerp-afdeling by die Hoëveld Fotografieklub se byeenkoms op 7 Julie.

Die voorgeskrewe onderwerp vir Julie was ‘Nailed It’ en dr. Pelser se foto, Ruining the Wedding Kiss, is deur die beoordelaar en gasspreker, Francois Roux, as die beste foto aangewys.

Dr. Pelser het ook ’n sertifikaat van meriete vir dié foto ontvang en vir sy fotos, Reflection in Mono in die tweekleurige foto-afdeling, Wintersade in die natuurafdeling en Inspecting the Gear in die pikturale afdeling.

Danie Smit was die beste fotograaf onder die senior fotograwe en het dié afdeling gewen en ook ’n sertifikaat van meriete gekry vir sy foto, Spotted Owl in die natuurvoëlsafdeling.


Louis van der Walt se foto, Garden Castle River V was die beste foto onder die junior fotograwe en hy het ook ’n sertifikaat van meriete vir dié foto ontvang.

Hy het ook sertifikate van meriete ontvang vir sy fotos, African Harrier Hawk, ook in die natuurvoëlsafdeling en Panthera Pardus in die natuurafdeling.

Louis van der Walt was die beste fotograaf onder die junior fotograwe en hy het ook ’n sertifikaat van meriete gekry vir sy foto, Garden Castle River V in die landskapafdeling. Hy het ook ’n sertifikaat van meriete ontvang vir sy foto, Flamingo 3 in die natuurvoëlsafdeling.

Die ander fotograwe wat goed gevaar het en sertifikate van meriete vir hul fotos ontvang het is Barbara Mitton vir haar foto, Lanner Falcon Bath Time in die natuurvoëlsafdeling, Yolande Pieterson vir haar fotos, Map of Africa in die landskapafdeling, Op die Damwal in die tweekleurige foto-afdeling, Elephant in the Dark in die pikturale afdeling en Nice Feet to Mince Feet in die voorgeskrewe onderwerpafdeling, Peter Winnan vir sy fotos Lion Portrate in die tweekleurige foto-afdeling, On the Move in die natuurafdeling en Rhino Calf in die natuurafdeling, Sussa Pelser vir haar fotos, A Very Little Gecko in die natuurafdeling en Get Up in die voorgeskrewe onderwerpafdeling en Lorraine Botha vir haar foto Cathedral Passage in die fotojoernalistieke afdeling.

Die Hoëveld Fotografieklub se volgende byeenkoms is op 4 Augustus om 18:00 vir 18:00 in die Scrum In by die Sasol Ontspanningsklub.

Die voorgeskrewe onderwerp vir Augustus is makro-fotografie. Belangstellendes is welkom om dié vergadering by te woon. Vir meer inligting, skakel Hanno de Beer by 071 365 6440.


Barbara Mitton het ’n sertifikaat van meriete vir haar foto, Lanner Falcon Bath Time in die natuurvoëlsafdeling, ontvang.
Danie Smit het ’n sertifikaat van meriete vir sy foto, African Harrier Hawk, in die natuurvoëlsafdeling, ontvang.
Dr Leon Pelser het ’n sertifikaat van meriete ontvang vir sy foto, Inspecting the Gear in die pikturale afdeling.


Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button