Local newsNews

Kaalspruit-spoke hou gesellig ’n vergadering op Standerton

Taklede het as spoke kon aantrek en drie vroue het nie omgegee om met sykouse oor die koppe getrek, hulle te mismaak nie.

Die VLU se Kaalspruit-tak het op 17 Oktober hul maandvergadering gehou wat vir vermaak uit die boonste rakke gesorg het.

Taklede het as spoke kon aantrek en drie vroue het nie omgegee om met sykouse oor die koppe getrek, hulle te mismaak nie.

Die vergadering is aan huis van tannie Roz du Preez gehou, wat bygestaan het om Marietjie Swart, Marinda Visser en spesifiek, Anneline Smith gereed vir die fotosessie te kry.

Swart, takvoorsitter, het sake op die agenda afgehandel, met Smith wat die VLU se Mary Stuart-gebed in Afrikaans voorgelees het.


Marinda Visser, Marietjie Swart en Anneline Smith is bokke vir sports.

Nadat die notule van die vorige vergadering goedgekeur is, is die Hoëveldstreek se kompetisieriglyne vir volgende jaar kortliks behandel.

Tannie Roz, die gasvrou, het ’n tunamousse met heuning- en mosterdsous, voorgesit wat byval gevind het.
Sy is aan die ontvangkant van ’n lidmaatskapknopie vir 60 jaar se deelname.

In die gesprek met die Standerton Advertiser het tannie Roz kortliks die voorbereiding van plantmateriaal kundig bespreek.

Sy in die vyftigerjare die Transvaalse Beoordelaarsunie se eksamen susksesvol afgelê en het ’n groot aantal rangskikkings op haar dag aan die hand van onder meer balans en uitbeelding van ’n tema beoordeel.


Anneline Smith en Roz du Preez by die Kaalspruiters se vergadering die afgelope week.

“’n Mens beoordeel nie ’n rangskikking alleen nie, daar moet twee persone wees, maar verkieslik drie,” het sy gesê.

Tannie Roz het ’n praatjie aan die vroue gelewer oor hoe om te maak as jy ’n bos blomme present kry. Menige huisvrou weet van Jik in die water en suiker kan dalk ’n verrassing wees.

“Die beste manier is om ’n teelepel Jik en groot eetlepel suiker in ’n emmer met water te gooi. Laat dit dan goed smelt en pak die bos blomme op die tafel uit.”

Alle blare word dan afgehaal omdat dit alge in die water veroorsaak en die water troebel maak.

“Na regte moet stingels onder die water teen ’n skuinste geknip word wat dit dan seël.

“Dit sal afhang van die blomstingel want elkeen moet afsonderlik behandel word. ’n Protea byvoorbeeld, word ook op ’n houtplankie gesit en met ’n hamer geslaan.”

Volgens tannie Roz is die belangrikste dat blomme behandel word alvorens dit in ’n vaas gesit word. Sy het ook gesê dat die rangskikking drie weke tot ’n maand kan hou.

Met rose word dieselfde gedoen, maar geen water word in die blompot gesit nie, wel ysblokkies. ’n Streekvergadering vind op 16 November op Devon plaas.

Die volgende vergadering is die afsluiting vir die jaar en vind op 21 November plaas, waar die program vir die nuwe jaar bespreek sal word.


LEES OOK: 3 Jacks & a Jill seëvier by besigheidsliga op Standerton

LEES OOK: Skemerkelkie VLU-tak op Secunda leer van blommerangskikking




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button