Gholfspelers van Standerton slyp hul vaardighede in verskeie formate
Griesel, Werner Mouton, Nico Lombard, Patrizia Lombard, Kinnear en Kobie Coetzee het elk ’n twee behaal.
Neville Ritchie het op 29 November die pas oor nege putjies by die Standerton Buiteklub aangegee en met 18 punte geëindig.
Donnie Taljaard het dié puntetelling by die IPS-kompetisie geëwenaar, gevolg deur Nick Momberg wat 17 op die tekaart ingevul het.
Mark Nortjé het op 16 te staan gekom, Gerrit Nel op 13 en Freddie Welmans op 10. Johan Griesel was onoorwonne oor 18 putjies met 39, terwyl Hennie Swanepoel met 38 geëindig het.
Werner Mouton het het 36 aangeteken, terwyl Nico Lombard, Patrizia Lombard, Stephen Nortjé en Attie Mouton elk met 35 geëindig het.
Sowel Wessel van der Merwe as Jabbies Lotz het 34 aangeteken, gevolg deur RJ Kinnear wat huiswaarts met 33 gekeer het.
Griesel, Werner Mouton, Nico Lombard, Patrizia Lombard, Kinnear en Kobie Coetzee het elk ’n twee behaal.
ALSO CHECK: MEC takes action over comatose mom from Bethal
ALSO CHECK: Koos Fourie van Secunda stel eerste boek bekend









