Inwoner van Standerton lig die sluier oor wat met pa gebeur het
Die oorsaak was ’n virus wat in die bloed opgedoen is en sepsis veroorsaak het.
Stefan Muller het na die dood van sy pa die Standerton Advertiser genader om die lug te suiwer.
Paul Muller is oorlede op 26 Januarie om 21:30 op 61-jarige ouderdom in Mar-Peh Medikliniek.
“Ek het verneem van sy toestand om 19:00 dieselfde aand. Hulle huishulp het my geskakel het omdat sy bekommerd was, ” het Stefan gesê.
Volgens Stefan, was albei sy ouers ontsaglik siek die hele Vrydag terwyl sy daar was. Stefan het aangedui dat die huiswerker van mening was dis die kos van die vorige Donderdagaand.
Volgens Stefan wil die verkoper, ’n eienaar van ’n hospitaliteitsbedryf, hom dagvaar weens naamskeniding nadat gerugte, selfs skinderstories, die rondte begin doen het.
“Al die simptome het op voedselvergiftiging gedui, erge naarheid en maagongesteldheid.”
Bloedtoetse is gedoen nadat sy pa dood verklaar en sy moeder opgeneem is. Die oorsaak was ’n virus wat in die bloed opgedoen is en sepsis veroorsaak het.
Albei het nierversaking gekry. Sy moeder het dialise op daardie stadium ontvang. Ma Elize Muller het aangesterk en is weer op die been en vier in Junie haar 62ste verjaarsdag.
Stefan het die verpleegpersoneel vir hul hulpvaardigheid en professionaliteit met albei ouers se situasies bedank.
Hy het ten sterkste ontken dat hy enige bewerings sou gemaak het.
“Ek wil graag sover moontlik die waarheid vertel om skade aan haar onderneming te verminder,” het hy mee afgesluit.
ALSO CHECK: Samantha Gauche se moordsaak op Delmas uitgestel
ALSO CHECK: Ouetehuis op Standerton bied nou verskeidenheid verblyfopsies



