Laerskool Witpoort neem aan fietswedren deel
Die ouers en leerders van Laerskool Witpoort het die dag op hulle fietse geniet.
Laerskool Witpoort se leerders het op 9 Maart aan die Ford Trailseeker by The Cradle deelgeneem.
Hulle het sewe fietsryers by The Cradle gehad wat hulle harte uitgetrap het.
Lihané van Eeden het saam met haar pa, Wynand, 10km afgelê waar sy ’n eerste plek in haar kategorie verwerf het.
Joshua du Plessis (Nipper) was sewende in die 20km-wedren, Max du Plessis (Nipper) 10de, Henco Pretorius (Nipper) 22ste en Lian Pretorius (Sprog) 11de.
Johan van Eeden (Nipper) het die 20km aangedurf maar die opdraendes en roete was net te rof en hy kon slegs die 10km klaarmaak.
Christelle van den Heever (sub-junior) het ook die 20km begin maar het vyf keer geval. Haar fiets se ketting het drie keer afgeval. Ná die laaste val het sy net te seer gehad om klaar te maak.
Dis nie net die kinders van Witpoort wat hard gery het nie, maar ook van hulle ouers, naamlik Walter du Plessis (11de), Steyn du Plessis (sewende), Riaan Pretorius (37ste), Monique Pretorius (sewende) en Elrika van Eeden (11de) het ook die 20km gery.
Jaco du Toit was die braafste van almal en het 70km gery.
Bernice van Staden van Laerskool Witpoort het die ouers wat hulle kinders ondersteun bedank.
LEES OOK: Dellies gaffel Stoffberg in die PUK 16-kragmeting
LEES OOK: Players from Ekangala and Rethabiseng prepare for district trials






