Local newsLocal sportNewsStreeknuus

Delmas Rolbalklub se besigheidsliga vir 2024 sluit op hoogtepunt af

Spelers, deelnemende besighede en die rolbalkomitte het dit eens dat vanjaar se besigheidsliga nie net die grootste ooit was nie, maar ook baie suksesvol was.

Die eindstryde in die Delmas Rolbalklub se besigheidsliga is op 12 en 14 Maart op die klub se baan afgesluit.

Wedstryde het oudergewoonte in goeie gees plaasgevind en groot opwinding het geheers.

Deelnemende besighede aan die Bokmakierie-liga was Odendaal en Kruger Prokureurs, Delmas Junior Studiegroep, Schoeman Boerdery, Isofab, NTT Toyota – Delmas, Laeveld Agrochem en Delkor Makelaars.

Die wenners aan die einde van die derde en laaste rondte was: die Delmas Junior Studiegroep het in die eerste plek met 49 punte klaargemaak.


Anél van Zyl rol vir Schoeman onder spanmaat Elta Hasselman se aanmoediging.

Tweede met 43 punte was die span van Isofab, en derde met 31 punte was die A-span van NTT Toyota. Perfect Water se twee spanne het gesamentlik die vierde plek behaal met 29 punte elk.

Rowan van Delkor het die meeste raakballe (touchers) gehad, gevolg deur Jaco van Isofab en Dirk van die Delmas Junior Studiegroep.

Die spelers met die meeste gees was Tanya van NTT Toyota, Babs van Maksimum Sekuriteit, en Cynthia van Schoeman Boerdery.

Die speler wat die toekenning vir die ernstigste speler verower het, was Bennie van die Delmas Junior Studiegroep.


Jolene Rheeder van AfriForum Valke Buurtwag A-span maak gereed om die bal af te gee.

Die grootste flater-toekenning het aan Anél van Schoeman Boerdery gegaan en die speler met die meeste potensiaal het aan Babs van Maksimum Sekuriteit gegaan.

In die Veilelie-liga het die finale uitslae as volg daaruit gesien: Pimankus het die eerste plek behaal met 50 punte, Mnani Implemente was tweede met 45 punte, Schoeman B-span derde met 42 punte en die span van AfriForum Valke Buurtwag het in die vierde plek geëindig met 39 punte.

Gino van AfriForum se Valke Buurtwag het vir die meeste raakballe (touchers) gesorg met Marliese van Stander in die tweede plek.

Die meeste gees-toekenning het aan Johann de Lange van Schoeman Boerdery en Ghriszinda van Stander en Vennote gegaan.


Gustav Schult en Jolene Rheeder in aksie vir die Valke Buurtwag.

Gino van die buurtwagspan het ook die toekenning as die ernstigste speler ontvang en loop ook met die wenplek vir die speler met grootste potensiaal weg. Ander spelers wat toekennings vir potensiaal gekry het, was Luné van Mnani Implemente, Kobie van AfriForum Valke Buurtwag en Marliese van Stander en Vennote. Renier van Stander en Vennote het die grootste flater-toekenning ontvang.

Spelers, deelnemende besighede en die rolbalkomittee het dit eens dat vanjaar se besigheidsliga nie net die grootste ooit was nie, maar ook baie suksesvol was.

Die komitee van Delmas Rolbalklub bedank almal wat bygedra het om van dit so ’n groot sukses te maak.

Spesiale dank het ook gegaanaan die borge NTT Toyota op Delmas, Riaan, SASOL, Maggys, Odendaal en Kruger en Willard Batteries.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button