Local newsNewsSchoolsStreeknuus

Laerskool Delmas se immergewilde rugbyweek skop af

Die juniorrugby was op 22 Maart met ’n prysuitdeling afgesluit.

Laerskool Delmas is nou al sinoniem met sy jaarlikse rugbyweek waaraan verskeie skole se spanne deelneem.
So het die juniorweek dan ook weer op 21 Maart begin en vir puik rugby gesorg.

Die laaste wedstryd in die junior-afdeling het op 22 Maart plaasgevind.

Deelnemende skole was laerskole Concordia, CR Swart, Delville, Edleen, Generaal Alberts, Kanonkop, Kruinpark, Komatipoort, Northmead, President Steyn, RCS, Trichardt, Westwood, Van Dyk en Laerskool Delmas.

Delmas se hoof, Johan Pieterse, het die volgende te sê gehad oor die eerste week se rugby: “Julle manne is ysters.

Hoe lekker krul my tone om te dink hoe elke seun in sy span sy beste gee in elkeen van die rugbywedstryde. Dit is hierdie spansport wat karakter en vriendskappe bou – vriendskappe wat vir jare aanhou.

“Ons dank die Vader vir die geleentheid om vriende te maak terwyl ons die sport waarvoor ons lief is kan uitleef.”
Die juniorrugby was op 22 Maart met ’n prysuitdeling afgesluit.

Pieterse en die rugbykomitee het die borge en elkeen wat bygedra het om hierdie eerste week so ’n groot sukses te maak bedank.

Die rugbyweek was vanaf 25 tot 27 Maart voortgesit en die laaste been vind vanaf 28 tot 30 Maart plaas.

Related Articles

 
Back to top button