Local newsLocal sportNewsStreeknuus

Phoenix Rugbyspan klop Polokwane oortuigend

Volgens die afrigter is dit die tweedes se eerste wen van die seisoen en het hulle beslis gewys hoe hulle gegroei en hul spel verbeter het.

Die tweede span van Phoenix Rugbyklub het op 23 Maart teen die span van die Noordelikes van Polokwane in Limpopo in ’n vriendskaplike wedstryd op die A-veld van Hoërskool Delmas te staan gekom.

Phoenix het van meet af gewys hulle was ernstig om die wedstryd in die sak te sit. Aan die einde van die wedstryd het die span van Phoenix met 53 punte van die veld gestap, terwyl die span van Polokwane drie punte op die telbord gehad het.

Volgens Phoenix se afrigter, Jandré Senekal, is hy trots op dié span.

“Ons tweede span het werklik hulle kant gebring; die spelers het goeie hart vir die spel gewys.”

Volgens Senekal is dit die tweedes se eerste wen van die seisoen en het hulle beslis gewys hoe hulle gegroei en hul spel verbeter het.

Die bestuur van Phoenix hoop om ook hul tweede span ook vir vanjaar se Presidentliga te kan inskryf.

“Dit sal vir Phoenix baie beteken sou ons daarin kon slaag om ons tweede span ook vir die liga in te skryf.”

Senekal het Streeknuus verder meegedeel dat Phoenix se eerste span tans rus in aanloop tot die Presidentliga wat op 6 April, ook op die tuisveld van Delmas, afskop.

“Ons spanne is goed voorbereid en gereed vir vanjaar se liga aksie. Ons sien uit na ’n goeie seisoen van ligawedstryde,” het Senekal afgesluit.

Related Articles

 
Back to top button