Local newsNewsSchoolsStreeknuus

Laerskole van Delmas en Northmead pak mekaar op die rugbyveld

Laerskool Delmas het ook met trots hul dirigente-span aangekondig.

Die rugbyspanne van Delmas en Northmead in Benoni het mekaar goed die stryd aangesê op die tuisveld van Laerskool Delmas.

Die RMS-wedstryd het op 19 Maart plaasgevind.

Harde rugby was gespeel, maar na afloop van die wedstryde tussen die onderskeie spanne kon Delmas nie daarin slaag om een van sy wedstryde te wen nie.

Voor die aanvang van die eerste spanwedstryd het die pom-pom-dogters van Laerskool Delmas sowel as die van Heidi Kleuterskool die toeskouers en spelers vermaak.

Laerskool Delmas het ook met trots hul dirigente-span aangekondig. Dit was die eerste keer dat die dirigente opgetree het. Toeskouers, onderwysers en spelers het die spannetjie toegjuig.

Daarna was dit tyd vir die titaniese stryd tussen die twee skole se eerstespanne. Na afloop van die wedstryd het die span van Delmas met 15–14 verloor.


Related Articles

 
Back to top button