Local newsNewsSchoolsStreeknuus

Kaalvoetrugby se 2024-reeks op Delmas kom tot ’n einde

Op 30 Maart was die laaste wedstryd gespeel, gevolg deur ’n prysuitdeling en daarna was dit tyd vir moeë kaalvoete om huiswaarts te keer en die res van die Paasnaweek te gaan geniet voordat die nuwe skoolkwartaal weer op 3 April ’n aanvang neem.

Met die junior rugbyweek agter die rug, het die volgende twee skofte op 28 Maart afgeskop. Laerskool Delmas se rugbyvelde het weer gewemel van jong kaalvoet rugbyspelers, ouers, afrigters en ondersteuners.

Van die skole wat deelgeneem het, was Laerskool Balmoral College, Laerskool Concordia, Laerskool Kanonkop, Laerskool Pam Brink, Laerskool Delmas en buurskool Laerskool Eloff se o11, eerste- en tweede spanne.

Terwyl die spelers hulle alles op die veld gegee het, het SuperSport Schools die wedstryde lewendig uitgesaai vir ouers en grootouers wat nie self op Delmas kon wees nie.

Die laaste wedstryd is op 30 Maart gespeel, gevolg deur ’n prysuitdeling en daarna was dit tyd vir moeë kaalvoete om huiswaarts te keer en die res van die Paasnaweek te gaan geniet voordat die nuwe skoolkwartaal weer op 3 April ’n aanvang neem.

Die skoolhoof van Laerskool Delmas, Johan Pieterse, het weer eens elkeen wat ’n aandeel gehad het aan die sukses van 2024 se kaalvoetrugby opreg bedank.

Bedankings het aan Laerskool Delmas se rugbykomitee en aan Marlizé van Wyk gegaan vir die reëelings rondom die vermaak en programme. Pieterse het ook vir die manspersoneel van Laerskool Delmas vir hul bereidwilligheid en moeite bedank.

Oud-Dellie onderwyser Bokkie Pretorius was ook weer oudergewoonte op sy pos met musiek en die lewer van kommentaar en afkonigings.

“Dankie, meneer Bokkie, ons waardeer jou,” het Pieterse gesê.

Ook die verskillende kosstalletjies en uitstallers, skeidsregters en afrigters, skoonmaak- en opstel personeel en Hoërskool Delmas vir die gebruik van hul koshuis was bedank.

Spesiale dank het ook aan Dawie Keyzer en personeel van Saints E.M.S vir hul eerstehulp bystand tydens die wedstryde.

Tyrone Greyling, organiseerder, het ook namens die rugbykomittee sy dank teenoor alle borge uitgespreek.

“Sonder elkeen se hulp en ondersteuning hierdie week nooit moontlik gewees het nie. Ons glo dat Laerskool Delmas se rugbyweek van krag tot krag sal gaan.”

“Ons dank aan ons Hemelse Vader vir hierdie talente – tot ons weer in 2025 ontmoet.”


Related Articles

 
Back to top button