Spelers van Sasol 1 en die Pumas XV spring om die bal te kry tydens ’n lynstaan in hul wedstryd op 6 April.
Sasol Rugbyklub se eerste, tweede en derde spanne het op 6 April op hul tuisveld met verskeie ander spanne kragte gemeet.
Sasol 3 het eerste gespeel en om 12:30 afgeskop teen Ermelo. Hulle het Ermelo met 43-5 geklop terwyl Sasol 2 in die tweede wedstryd 41-12 met Bethal 2 afgereken het.
Sasol 1 het teen die Pumas XV in gietende reën met 48-0 verloor.
Brandon Potgieter van Sasol 1 reik uit vir die bal tydens ’n lynstaan in ’n wedstryd teen die Pumas XV.
Francois Myburgh hardloop met die bal terwyl ’n speler van die Pumas XV hom probeer duik.
Francois Myburgh van Sasol 1 beur vorentoe met die bal terwyl ’n speler van die Pumas XV verdedig.
Rudolf Pretorius van Sasol 1 storm ‘n uma-speler tydens hul wedstryd teen die Pumas XV op 6 April.
Anwar Fillis verdedig terwyl ’n speler van die Pumas XV die bal in besit wil neem.
Pieter van Niekerk van Sasol 1 is gereed om die bal te vang tydens hul wedstryd teen die Pumas XV.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!