Local newsLocal sportNewsStreeknuus

Gongskieters van oraloor lê aan by Tapkar op Delmas

Elk van die 63 deelnemende spanne het uit vier lede bestaan wat dus beteken het dat daar ’n totaal van 252 skuts op die dag deelgeneem het.

Die gewilde gongskietkompetisie is op 6 April by Tapkar net buite Delmas aangebied.

Spanne van oraloor in die land het die dag saamgetrek en ten spyte van die deurdringende reën wat die vorige dag uitgesak het, het die skuts in groot getalle opgedaag.

Daar het in totaal 63 spanne deelgeneem.

Elke span het uit vier lede bestaan wat dus beteken het dat daar ’n totaal van 252 skuts op die dag deelgeneem het.

Daar was agt bane met vier gonge per baan, elk met sy eie unieke uitdagings en maksimum afstande was 350m.


’n Unieke baan tydens Delmas se gongskietkompetisie.

Daar was ook weer die ‘Power Gong’ waaraan skuts kon deelneem.

Dit het die skiet na ’n gong aan die oorkant wal van die dam by Tapkar behels en skuts het nie geweet wat die afstand is nie, maar kon glo selfs meer as 500m wees.

Die optimale kuns van skiet was dus hier van toepassing.

Teen die einde van die kompetisie het die spanne wat die meeste punte behaal het en met die groot pryse wat op die spel was weggestap het, soos volg gelyk:


’n Skut lê aan vir daardie gongskoot.

In die eerste plek was die The Y Nots met 125 punte. Gong Punisher en Overwatch het gesamentlik in die tweede plek met 123 punte geëindig.

In die derde plek was die Casino Wolfves met 122 punte. In die vierde plek was die Backyard Snipers en in die vyfde plek die Pew Pew Squad.

Skuts en besoekers het dit eens gehad dat die dag baie suksesvol was en ook een van die grootstes ooit.

Die bestuur van die besonderse gongskiet-dag bedank al hul borge, die personeel van Tapkar vir hul gasvryheid en die gebruik van die perseel, elke deelnemer en elkeen wat bygedra het om van die dag so ’n groot sukses te maak.


Related Articles

 
Back to top button