Local newsNewsStreeknuus

Delmas-Wes Familiekerk vier goue jubileum

By die ingang van die kerk het die foto’s van die afgelope vyf dekades se predikante, hul vroue en kinders gepryk.

Daar was met groot opgewondenheid uitgesien na die viering van die Delmas-Wes Familiekerk se 50ste verjaarsdag.

Die feesvieringe het op 5 April afgeskop toe sowat 200 gaste die goue jubileum langtafelaand bygewoon het.
Dit was met ’n spesiale feesdiens op 7 April voortgesit.

By die ingang van die kerk het die foto’s van die afgelope vyf dekades se predikante, hul vroue en kinders gepryk.
Toe die kerk in 1974 sy deure vir die eerste keer oopgemaak het, was dominee Gerrie en sy vrou Annie Mostert die herderspaar vir die gemeente. Ds Mostert het aan die stuur gestaan van die destydse Nederduits Gereformeede Kerk Delmas-Wes gemeente tot en met 1997.

Dominee Marius en Ansie Joubert was die predikanstpaar vanaf 1998 tot en met 2009. Die derde predikantspaar was dominee Gawie en Isabel Snyman wat vanaf 2009 tot en met 2013 die leisels in die kerk gehou het.

Dominee Evert en sy vrou Ranelda Berg was ook een van die predikantpare van die kerk. Berg het vanaf 2014 tot 2021 die pos as predikant van die kerk beklee.

Met die koms van die Covid-19 pandemie was die kerk glo lank herderloos, maar deur gebed het die Delmas-Wes Familiekerk se eerste vroueprediker die kansel betree.

Leandi Cottle, getroud met Schalk, is nou die nuwe vars dryfveer agter hierdie familiekerk.

Die feesdiens was afgeskop met samesang gelei deur die voorsangers en musikante van die gemeente en ook die kinders het kerkgangers getrakteer met ’n paar liedjies onder leiding van Inge Keevy.

Berg was by die jubileum feesdiens teenwoordig en het met die kerkgangers verskeie van die hartseer-, die onthou-, die spesiale gemeentelede- en ook ’n paar kwinkslae-stories gedeel.

Ander sprekers was Madel Fourie, Kallie Schoeman en Barend Kruger. Oud-leeraars wat nie die diens kon bywoon nie, was Marius Joubert en Gawie Snyman.

Beide het egter met behulp van moderne tegnologie hul boodskappe vooraf opgeneem wat vir die feesgangers in die kerk voorgehou was.

Na afloop van die feesdiens was ’n olyfboom op die kerkterrein geplant. Daarna was die goue jubileum vieringe met koek en tee in die kerksaal afgesluit. Almal was dit eens dat hulle uitsien na die volgende 50 jaar van herlewing en oplewing in die kerk.

“Dit voel of ons gemeente ’n nuwe tydperk op die dorp kom aankondig het,” het Madel Fourie gesê.


Related Articles

 
Back to top button