Local newsLocal sportNewsStreeknuus

Cullinan se rugbyspan loop oor Pretoria-Noord se derdes

Die eindtelling was 74-0 in Cullinan se guns.

Cullinan Rugbyklub het Pretoria-Noord se derde span met 74-0 op 13 April geklop.

Dié ligawedstryd was op die Silver Valke se veld in Silverton gespeel.

Manne wat drieë gedruk het, was Emile Aggenbag, Jacques van der Merwe, Theo Hancke, Pieter Uys, André van der Merwe, Markus van Loggerenberg, Ulrich Venter en De Wet Steyn.

Die doelskoppe was geskop deur Markus van Loggerenberg.

Theo Hancke en Ulrich Venter was die twee manne van die wedstryd.

Cullinan se volgende rugbywedstryd is teen The Knights in Pretoria.


Related Articles

 
Back to top button