Local newsNewsSchoolsStreeknuus

Laerskool Sundra se eerste rugbyspan spog met nuwe rugbytruie

Met sy passie vir junior rugby het Dawie Keyser die spannetjie se nuwe truie gekoop.

’n Weldoener het spoggerige rugbytruie aan Laerskool Sundra se eerste rugbyspan geskenk.

Dawie Keyser van Emergency Medical Services Saints (EMS Saints) is bekend vir sy groot liefde vir rugby en was self ook afrigter.

Hy is egter ook bekend in mediese kringe en in en om Delmas waar hy gevorderde mediese bystand bied by skoolsport byeenkomste, vir privaat individue asook gevorderde noodhulp opleiding.

Met sy passie vir junior rugby het Keyser besluit om nuwe truie vir die span van Laerskool Sundra te gee.

Die skoolhoof, Vannesa van Rooyen, adjunkhoof, Jasques de Beer en afrigter, Dian de Beer, het dié rugbytruie in ontvangs geneem.

“Laerskool Sundra bedank Dawie vir hierdie borgskap. Jou gesindheid en oop hand teenoor ons skool word opreg waardeer,” het Van Rooyen laat hoor.


Related Articles

 
Back to top button