Local newsLocal sportNewsStreeknuus

Delmas Dragons byt in die stof teen Witbank Rage

“Dit was harde, maar lekker wedstryde. Ons Dragon spelers sien vol selfvertroue uit na ons volgende ligawedstryde.”

Die Delmas Dragons Ringbalklub het teen die spanne van Rage van Witbank in klipharde ligawedstryde te staan gekom.

Die wedstryde is op 20 April op die bane van Laerskool Delmas beslis.

Die drie wedstryde het bestaan uit kragmetings tussen die Dragons en Rage se vroue A spanne, die klubs se mans A spanne en die Dragons se mans A span en Rage se mans B span .

Die Delmas Dragons het egter al drie hul wedstryde teen dié van Rage verloor.

“Baie geluk aan die spanne van Rage. Dit was harde, maar lekker wedstryde. Ons Dragon spelers sien vol selfvertroue uit na ons volgende ligawedstryde,” het die spanbestuurder, Alicia Senekal gesê.


Related Articles

 
Back to top button