Local newsNewsSchoolsStreeknuus

Dellies landsdieners leer van basiese noodhulp

Van die onderwerpe wat gedek was, was nood oogebehandeling, hoe om wonde te ontsmet en te behandel asook die korrekte en veilige manier waarop ’n pasiënt op ’n draagbaar vasgemaak moet word.

Laerskool Delmas landsdieners weet heelwat meer omtrent die toepassing van basiese noodhulp.

Dit nadat Dawie Keyser van Saints EMS die groep leerders op 12 April by die skool besoek het vir hul basiese noodhulp opleiding.

Van die onderwerpe wat gedek was, was die van nood oogebehandeling, hoe om wonde te ontsmet en te behandel asook die korrekte en veilige manier waarop ’n pasiënt op ’n draagbaar vasgemaak moet word.

“Die landsdieners het die aanbieding onder die bekwame hande van ’oom Dawie’ baie geniet,” het Marlizé van Wyk, landsdiens klubleier en organiseerder van Laerskool Delmas laat hoor.

“Ek wil ook namens Laerskool Delmas en die landsdiens leerders en personeel vir Dawie bedank vir die prettige maar leersame wyse waarop hy ons leerders rondom basiese noodhulp kom touwys maak het.”


Related Articles

 
Back to top button