Local newsNews

Onwettige immigrante kry die wind van voor op Standerton

“Onwettige immigrante is ’n groot veiligheidsrisiko vir ons gemeenskappe en hulle benadeel ook die dorp se ekonomie,” het Leon Enslin, takvoorsitter, gesê.

AfriForum Standerton buurtwag het op 5 en 13 April aan twee operasies saam met die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en Departement van Binnelandse Sake deelgeneem om onwettige immigrante in die omgewing vas te trek.

Volgens ’n onlangse persverklaring, is talle onwettige ondernemings wat deur onwettige immigrante bedryf word op 13 April deur die SAPD en Standerton buurtwag gesluit.

Verder is onwettige immigrante ook in hegtenis geneem en verskeie boetes uitgereik vir mense wat op straat gedrink het en onder die invloed van alkohol was.

Kasselman Veiligheidsdienste het op 5 April ook hulp met ’n soortgelyke operasie verleen. Tydens dié operasie was daar ook talle inhegtenisnames en daar is selfs ’n vuurwapen gevind.

“Onwettige immigrante is ’n groot veiligheidsrisiko vir ons gemeenskappe en hulle benadeel ook die dorp se ekonomie,” het Leon Enslin, takvoorsitter, gesê.

“Dit is nodig dat stappe gedoen word om strenger teen onwettige immigrante op te tree.”


Related Articles

 
Back to top button