Local newsNews

Ds Pieter Kotze van Standerton trek sy tentpenne uit

’n Hoogtepunt in sy lewe was sy huwelik met Nolene en die geboorte van sy kinders en kleinkind, wat geweldig gemis gaan word.

Ds Pieter Kotze van die NG gemeente Standerton-Suid verhuis eersdaags na Newcastle.

“Ek is opgewonde oor die nuwe fase in my lewe,” aldus die leraar.

Die Kotzes het op 1 September 2007 vanaf Rouxville na Standerton getrek, waar ds Pieter dadelik voorbrand gemaak het om in die gemeenskap betrokke te raak.

Benewens sy gereelde Bybelstudiesessies by die Kosmos Aftree-oord, het hy begin uitreik na die boemelaars deur hul agtergrondverhale aan te hoor.

“Ek sal die gemeente en inwoners van die ouetehuis mis, veral ook die boemelaars wat die strate wandel,” het hy gesê.

“Ek dink die dorp moet saamstaan dat hulle weer hul lewenswaardigheid herwin.”

Kotze is ’n oud-Tukkie en het in 1993 die strate van Arcadia, Pretoria leer ken.

Hy is reeds op 18 Februarie na die kleiner gemeente op Newcastle beroep en het geen twyfel dat dit die pad is om te gaan nie.

“Ek beleef dit geheel en al as my roeping.”

Uit sy huwelik met Nolene is drie kinders, Berno, Joné en Paul-Pieter gebore en hy is ook ’n kleinkind verlede Oktober ryker.

Dié introvert is kennelik deur die bediening verander. Saans kuier die familie rondom die eettafel waar hulle kos voorberei.


Ds Pieter Kotze is reeds op 18 Februarie na die kleiner gemeente op Newcastle beroep en het geen twyfel dat dit die pad is om te gaan nie.

Kotze speel ook kitaar, maak ‘backtracks’ en opnames wat elektronies verwerk word. Hy is ’n bedrewe buikspreker en sy poppekasvertonings vind by oud en jonk byval.

Nolene, debiteur by Mar-Peh Medikliniek, sal die arbeidsmark 170km van die dorp af moet betree, maar vir eers sal sy as skriba diens doen.

Tydens Covid-19 kon Kotze toegang tot die kliniek kry om mense te besoek. Die Suid-gemeente het ook nagmaal tydens die pandemie bedien in spesiaal opgemaakte bekertjies en gesteriliseerde broodjies.

“Dit het bekend gestaan as die ‘take-away’ nagmaal.”

’n Klip is in die bos gegooi of hy ooit ’n spoedkaartjie van ’n verkeersbeampte gekry het.


Ds Pieter Kotze is reeds op 18 Februarie na die kleiner gemeente op Newcastle beroep en het geen twyfel dat dit die pad is om te gaan nie.

“Met liefde sal ek sê ek het een gekry, maar as hulle hoor wat my beroep is, kan ek om ’n afslag beding.”

’n Hoogtepunt in sy lewe was ongetwyfeld sy huwelik met Nolene en die geboorte van sy kinders en kleinkind, wat geweldig gemis gaan word. Hy het die gemeenskap van Standerton gegroet en gehuiwer om ’n Bybelteks uit te sonder wat hom aanspoor.

“Ek is bekend daarvoor dat ek die hele Bybel bymekaar uitbring, maar 1 Joh. 3:16 spreek tot my,” het hy mee afgesluit.

“Hieraan ken ons die liefde: dat Hy vir ons sy lewe afgelê het,” lui die direkte vertaling.

“Ook ons behoort ons lewe vir ons broers af te lê.”



LEES OOK: Kaalspruit-tak kom meer te wete van eksotiese voëls

LEES OOK: Alleged serial killer from eMbalenhle in court again

Related Articles

 
Back to top button