Local newsNewsSchoolsStreeknuus

Kleurvolle kleuteratletiek op Delmas gehou

Laggende en jillende kaalvoetkleuters, onderwysers, ouers en toeskouers het vir die opening aangetree.

Heidi Kleuterskool op Delmas het weer eens vir ’n prettige atletiekskouspel gesorg.

Kleuters, peuters en babas van Heidi en Eldamah se El Kiddo’s het op 25 April saam met mammas, pappas, oupas, oumas en kleuterskool personeel by Hoërskool Delmas atletiek gehou.

Laggende en jillende kaalvoetkleuters, onderwysers, ouers en toeskouers het vir die opening aangetree.

Daarna was dit tyd vir atlektiek met items soos blokkieresies, sakresies, hekkies, die hindernisbaan, naellope, motorfietsieresies en selfs babakruip.

Soos gewoonlik het Playball ook weer kom kuier en kon die kleingoed aan verskeie aktiwiteite deelneem.

Met die kleuteratletiek agter die rug was dit weer tyd vir die immergewilde ouer- onderwyser aflosresies. Die span van Playball het hier met die louere weggestap.

Die skoolhoof van Heidi Kleuterskool, Riëtte Wheller, het almal wat bygedra het om van die dag so ’n groot sukses te maak, bedank.


Related Articles

 
Back to top button