Wittes trap hul fietse in The Munga
Ou en nuwe lede van Laerskool Witpoort het aan die Munga kompetisie deel geneem.
Laerskool Witpoort het vir die eerste keer ’n bergfiets uitdaging, The Munga 24-hour Sword Challenge op 16 April by Laerskool Witpoort gehou.
Dié uitdaging eis dat deelnemers vir 24 uur sonder ophou fietsry. Die wenner is die deelnemer wat in dié tyd die verste getrap het.
Deelnemers het self besluit op die aantal rondtes wat hulle trap, soos een, twee, vyf of 10 rondtes.
Die fietsryers het dan 24 uur gehad waarin hierdie opsies voltooi moes word.
Selfs van die leerders, personeel en ouers het deelgeneem saam met ander fietsryers wat die wedren aangepak het.

Max en Joshua du Plessis het elk ’n rondte van 52km afgelê. Laerskool Witpoort onderwyser, Riëtte du Plessis, en haar man Walter, saam met Steyn du Plessis het ook deelgeneem.
Sy het 158km afgelê, ten spyte van baie uitdagende omstandighede.
Ou Witties Ruben Krugel, Sheldine Joubert en AJ Joubert het ook aan die wedren deelgeneem en het goed gevaar.
Bernice van Staden van Laerskool Witpoort het gesê, “Geluk aan elkeen wat deelgeneem het, asook die wenners.”
“’n Besonderse dank aan die The Mungaspan en al hulle borge wat die wedren moontlik gemaak het.”



