Local newsNewsStreeknuus

‘n Goeie dosis Vtamien C is as skenking ontvang

Volgens Carel Botha het hy dit goedgedink om die naartjies aan behoeftige instansies te gee.

Met die winter op hande het Ons Winkel en Helpende hand op Delmas ’n bakkievrag naartjies aan AfriForum se Valke Buurtwag geskenk.

Johan Fourie, eienaar van Ons Winkel en Leandri Coetzee van die plaaslike Helpende Hand-tak het die naartjies op 3 Mei aan Carel Botha, die voorsitter van die AfriForum-tak op Delmas oorhandig.

Botha het die naartjies by die Olive Branch Kinderhuis, Ons Eie Ouethuis, Malita Aftreeoord asook Herfsland op Delmas afgelewer.

Daar was egter genoeg om ook by die Jerigo Opheffingsoord op Eloff te gaan aflewer. Botha bedank Ons Winkel en Helpende Hand vir die mooi gebaar.

“Ondersteun vir Johan by Ons Winkel. Indien iemand enige ongebruikte items het, skenk dit asseblief.”

Fourie het verder genoem hulle kan items soos klere, beddegoed, komberse, ou kombuistoerusting, beddens, yskaste of enige iets wat nie meer gebruik word nie, by die skenker se huis oplaai.

Johan Fourie kan op 082 062 3310 geskakel word.

Related Articles

 
Back to top button