Local newsLocal sportNews

Gholfspelers troef mekaar in onderskeie kompetisies by Standerton Buiteklub

Tydens die maandelikse beker wat op 4 Mei beslis is, het Gerrit Coetzee die pas in die A-afdeling aangegee met ’n netto van 75.

Lourens van der Sandt het op 8 Mei oor nege putjies koning gekraai met ’n netto van 33. Gerrit Nel was tweede in dié medal-kompetisie met ’n netto van 35, gevolg deur Nick Momberg en Bernard Swart wat albei met 37 geëindig het.

Neville Ritchie het 38 op die telkaart ingevul, gevolg deur Mark Nortjé met 43 en Feddie Welmans met 44.

Francois Cronjé was onoorwonne oor 18 putjies met 72, wat deur Attie Mouton geëwenaar is. Stephen Nortjé het op 73 te staan gekom, gevolg deur Nico Lombard met 74.

Sowel Louis Gravett as Hennie Swanepoel het 75 aangeteken, met Patrizia Lombard op 77. Gerrit Coetzee en Gerhard Brits het albei met 79 huiswaarts gekeer.

Tydens die maandelikse beker wat op 4 Mei beslis is, het Gerrit Coetzee die pas in die A-afdeling aangegee met ’n netto van 75.

Ronald Kinnear en Juan Nortjé het ook 75 aangeteken, terwyl Rowan Brink en Casper Roux albei op 77 te staan gekom het.

Patrizia Lombard was die vroue wenner in die B-afdeling met ’n netto van 67.

Joré Nortjé het ’n netto van 71 in die B-afdeling aangeteken, terwyl Deon Grimsell op 74 te staan gekom het en Aldo Arnaldi op 75.

Mark Nortjé het 76 op die telkaart ingevul, Rikus White 81 en Marius Grobler 83. Riaan Starbuck het die C-afdeling syne gemaak met ’n puntetelling van 40.

Tristan Baker was die junior wenner met 37, terwyl Machiel Griesel 32 aangeteken het.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button