Bronkhorstspruit AfriForum beveilig hoofweg teen padspykers
Verskeie AfriForum takke het saamgewerk om die mense wat die Konka Makietie bywoon ‘n veilige rit huis toe te gee.
AfriForum se Bronkhorstspruit Buurtwag het op 4 Mei die N4 patrolleer saam met Middelburg AfriForum en Bronkhorstspruit Sektor Een GPF Buurtwag om die besoekers aan Balmoral Laerskool Konka Makietie ‘n veilige terugrit huistoe ná die geleentheid te verseker.
Oorgrens samewerking tussen Gauteng en Mpumalanga AfriForum takke het plaasgevind tussen Bronkhorstspruit en Middelburg.
Hierdie patrollies het padspyker insidente voorkom deur hul hoë sigbaarheid, want hierdie voorvalle het na die Wonderboom afrit en Equestria verskuif.
Magda Lewis, voorsitter van Bronkhorstspruit AfriForum het die lede wat die koue trotseer het om ‘n veilige rit vir almal op die N4 te verseker, bedank.
Bronkhorstspruit AfriForum Buurtwag het 15 lede en ses voertuie gebruik terwyl Middelburg AfriForumtak 11 lede en vier voertuie beman het, Witbank Sekuriteit een voertuig en Bronkhorstspruit GPF Sektor Een ses lede en drie voertuie.
’n Totale van 4 103km is met dié patrollie afgelê.



