Local newsLocal sportNews
Jaco en Ricardo hou Standerton se naam hoog by internasionale kampioenskap
Volgens Jannie Degenaar, klubinstrukteur, het hulle nie net teen van die bestes in Suid-Afrika meegeding nie, maar ook teen teenstaanders van Botswana, Marokko en Tunisië en hul uitstekend van hul taak gekwyt.
Twee karateka van die Three Swords karate akademie op Standerton het op 27 April aan die Internasionale Kanazawa Karatekampioenskap in Tongaat, KwaZoeloe-Natal deelgeneem.
Jaco Loretz het ’n bronsmedalje in sy kata afdeling verower en ’n goue medalje in die kumite afdeling.
Ricardo van Wyngaard het ook op die podium opgeëindig nadat hy ’n bronsmedalje in die kumite afdeling verower het en ’n silwer medalje in sy kata afdeling.
Volgens Jannie Degenaar, klubinstrukteur, het hulle nie net teen van die bestes in Suid-Afrika meegeding nie, maar ook teen teenstaanders van Botswana, Marokko en Tunisië en hul uitstekend van hul taak gekwyt.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!