Local newsNews

Zell-Mari de Jager is nuwe joernalis by Standerton Advertiser

Die N4 is reeds in die sakkie en haar toekomsplanne sluit ’n regsgraad in.

Zell-Mari de Jager het haar eerste kennismaking met drukkersink op 6 Mei gekry toe sy by die Standerton Advertiser as joernalis begin het.

Sy is ’n produk van Laerskool Standerton, waar sy ’n prefek was, en het in 2021 haar matriekeksamen suksesvol by Hoërskool Standerton afgelê.

Dié laatlammetjie se susters is toeka uit die huis. Anzell-Mari bly op Newcastle en het twee kinders, terwyl Marizell op ’n plaas buite Standerton saam met haar man onder meer ’n hoenderboerdery het.

Zell-Mari wou aanvanklik ’n prokureur word, maar het by ’n aanlyn universiteit ingeskryf om haar N6 te voltooi.

Die N4 is reeds in die sakkie en haar toekomsplanne sluit ’n regsgraad in. Sy skilder en haar gunstelingmedium is olieverf.

“As iets my inspireer, dan hardloop ek daarmee,” aldus Zell-Mari.

Gunstelingouteur op die Afrikaanse mark is Ena Murray en die Engelse outeur wat tot haar spreek, is John Green.

Ondervindingsgewys het sy by die toetsstasie op Standerton gewerk en ’n veiligheidsmaatskappy, waar sy kameras moes monitor, op haar CV.

Zell-Mari het geen bekendstelling aan skaak nodig nie.

“Ek hou van die spel en kon nog nie daarin slaag om my stiefpa te klop nie.”

Sy woon geredelik die Replika Kerk se Meta-dienste op ’n Dinsdagaand by waar ’n jeugprogram vir tieners aangebied word.

Dit gaan gepaard met prys- en aanbiddingsgeleenthede. Haar ander belangstellings is geskiedenis, mitologie, teologie en die Egiptiese gode.


Zell-Mari de Jager wou aanvanklik ’n prokureur word, maar het by ’n aanlyn universiteit ingeskryf om haar N6 te voltooi.

“Ek is lief vir die geskiedenis,” het sy gesê.

Zell-Mari is ’n selferkende adrenalien‘junkie’. Op haar emmerlys is daar die bittergraag begeerte om na Rusland te reis.

“Ek vind hulle kultuur interessant.”

Dan meer na die sportiewe kant, sal ‘sky-diving’ haar geval.

Op die vraag hoe sosiale media hanteer moet word, het sy haar standpunt soos volg gestel:

“Sosiale media het baie voordele, maar aan die donker kant is die onakkurate inligting wat versprei word.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button