Local newsLocal sportNewsStreeknuus

Delmas se Phoenix palm nog ’n groot oorwinning in

Met die blaas van die eindfluitjie het Phoenix ’n oortuigende oorwinning gesmaak met 87 punte teenoor die vyf van die Tigers van Katlehong.

Die rugbyklubs van Phoenix en Katlehong se Tigers het op 18 Mei in die Kestrel-liga teen mekaar te staan gekom.

Die wedstryd, wat op Phoenix se tuisveld by Hoërskool Delmas plaasgevind het, het vir harde rugby gesorg.

Met die blaas van die eindfluitjie het Phoenix ’n oortuigende oorwinning gesmaak met 87 punte teenoor die vyf van die Tigers van Katlehong.

Volgens Phoenix se afrigter, Jandré Senekeal was dit die hoogste telling wat hulle sover hierdie seisoen behaal het.

“Ons Phoenix-spelers het mekaar net reg opgesom en gevind tydens die wedstryd en veral met die tweede rondte het die manne werklik baie goed as ’n span saamgewerk,” het Senekal gesê.

Senekal het verder bevestig dat Phoenix op 25 Mei teen die span van Edenvale op wegveld se tuisveld te staan sal kom.

Senekal het verder laat hoor dat Edenvale se oorwinning eindtelling teen die Tigers 53-0 was.

“Phoenix se wedstryd teen Edenvale behoort dus ’n baie goeie en interessante kragmeting te wees.”


Related Articles

 
Back to top button