Local newsNewsSchools

Leerders op Standerton is so braaf soos ’n boerboel

Laerskool Standerton en Laerskool Kalie de Haas het gekies om meer uit te vind oor ‘braaf as jy ’n fout gemaak het’ terwyl Standerton Akademie het die onderwerp getakel ‘braaf om vas te byt’.

Braaf die Boerboel het op 10 Mei verskeie skole op Standerton besoek.

Dié gesig van Helpende Hand se skoleprogram het gaan inloer by Laerskool Standerton, Laerskool Kalie de Haas en Standerton Akademie om die leerders te vertel hoe om sterk te staan in verskeie situasies.

Tussen die 10 moontlike lesse, het Laerskool Standerton en Laerskool Kalie de Haas gekies om meer uit te vind oor ‘braaf as jy ’n fout gemaak het’.

Standerton Akademie het die onderwerp getakel ‘braaf om vas te byt’.

Volgens Helpende Hand se mediaskakelbeampte, Chantelle Adendorff, was die dag ’n sukses en leerders het met ’n nuwe ’blaf’ en nodige kennis om hul vrese aan te pak weggestap.


Related Articles

 
Back to top button