Local newsMunicipalNewsStreeknuus

Watervermindering van 20% vir Delmas-omgewing word nie gelate aanvaar nie

“Inwoners kan nie vir die feit dat die munisipaiteit nie hul verpligtinge nakom, gestraf word nie.”

’n Watervermindering van 20% in die druk van Delmas se water is op die horison. Dit terwyl die inwoners van Delmas, Sundra, Eloff en Rietkol reeds gebuk gaan onder swak watervoorsiening.

Dit volg nadat Rand Water (RW) onlangs aangekondig het dat die Victor Khanye Plaaslike Munisipaliteit (VKLM) in gebreke gebly het om sy skuldafbetalingsooreenkoms ten opsigte van sy uitstaande skuld vir dienste van dié watervoorsieningsentiteit na te kom. (Streeknuus, 11 Mei.)

Volgens ’n kennisgewing van die RW het die munisipaliteit hulle aan die einde van Maart amper R387 miljoen geskuld en was daar geen poging aangewend om die skuld te betaal of hulle afbetalingsooreenkoms aan RW te eer nie.

“RW se beplande aksie is nodig vir die munisiplaiteit om hulle grondwetlike en statuêre pligte uit te voer en sodoende verdere vermeerdering van hul water voorsiening skuld te voorkom.

“Dit sal weer RW in staat te stel om hul verpligtinge teenoor die munisipaliteit uit te voer,” het RW ook in hul kennisgewing aan VKLM gesê.

Die raadslid vir die Vryheidsfront Plus (VF+) in die VKLM, Pieter Senekal, het hierop reageer deur te sê die VF+ was ten sterkste teen dié voorgenome watervoorsiening inkorting gekant.

“Inwoners kan nie vir die feit dat die munisipaiteit nie hul verpligtinge nakom, gestraf word nie,” het Senekal laat hoor.

Senekal het verder genoem dat staatsinstansies die munisipaliteit sowat R18 mijoen skuld en voel dat die VKLM dié skuld moet invorder.

“Dit kan dan aan RW betaal word. AfriForum het reeds sowat twee jaar gelede ’n hofbevel teen RW bekom. Volgens dié hofbevel mag RW nie die watertoevoer na Delmas verminder weens die wanbetaling van VKLM aan RW nie,” het Senekal ook gesê.

“Dit is om daardie rede dat die bestuur van die VF+ besluit het om nie enige petisisie of ander stappe te neem nie.


ALSO READ: Heidi Kleuterskool op Delmas vier hul kleingoed se ma’s


“Ons ondersteun AfriForum om die nodige stappe in dié verband te neem en ons inwoners van VKLM se belange te beskerm. Op hierdie stadium is stappe deur die hof die regte pad om te loop,” het Senekal afgesluit.

Teen druktyd kon Streeknuus steeds geen terugvoer vanaf VKLM oor navrae rondom die beplande aksie vanaf RW verkry nie.

Senekal het intussen bevestig dat hy as VF+ raadslid ook ’n skrywe aan die munisipale bestuurder, Thabo Mashabela gerig het.

Streeknuus is in besit van ’n afskrif daarvan. Daarin word gevra waarom die gemeenskappe van Sundra, Rietkol, Eloff, Delmas en Botleng deur die verdere vermindering van watertoevoer vanaf RWgestraf moet word.

“Weens van die wanbetaling van VKLM aan RW het ons gemeenskappe reeds so min water.

”Senekal het versoek dat daar druk vanaf die munisiplaiteit op die regerig en tesourie geplaas word om die miljoene verskuldig aan VKLM te betaal om sodoende die RW rekening te kan betaal.”

Related Articles

 
Back to top button