Local newsNews

Vee beskadig grafte op Standerton

Volgengs 'n grafsteenmaker skuur beeste wat in die begraafplaas wei, graag teen die grafstene.

Begrafnisondernemers en grafsteenvervaardigers staar groot verlies in die oë, soos ontheiliging van grafte al hoe meer toeneem.

’n Plaaslike grafsteenvervaardiger is erg beswaard hieroor.

Volgens hierdie kenner, wat al sedert 2010 in dié veld besigheid doen, word die grootste skade aan grafte aangerig deur vee wat toegelaat word om in die begraafplaas te wandel.

“Die probleem bly nie slegs by diefstal nie; beeste is ook ’n groot kopseer,” het hy gesê.


LEES OOK: Security officers apprehend diesel thief in Standerton


Vee wat toegelaat word om in die begraafplaas in Lombardstraat te wei, beskadig grootliks die integriteit van die grafte.

Volgens dié gafsteenvervaardiger, skuur die beeste teen die grafte en die gewig van die diere veroorsaak dan dat grafstene omtuimel.

“Om die grafstene aanhoudend te vervang, kos die ondernemers en vervaardigers baie geld vir herstel en mannekrag,” het hy gesê.

“’n Voordeel van diere wat in die begraafplaas wei, is die geld wat gespaar word op tuindienste om gras kort te hou.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button