Local newsNews

Bethal VLU-vroue leer van kunsmatige inseminasie

Belangstellendes is welkom om volgende vergadering by te woon.

Vroue van die Bethal VLU het op 11 Junie vergader waar ‘n skaapboer van die omgewing, Hanlie Venter, die vroue oor kunsmatige inseminasie toegespreek het.

Venter het vertel dat ooie kunsmatig geïnsemineer of gelaparaskopie word met gekose ramme se saad.

“‘n Mens kan vars of gevriesde saad gebruik. Die onderskeie ooie kan met verskeie ramme se saad gelaparaskopie word,” het Venter gesê.

“Natuurlike dragtigheid sterk oor vyf maande. Skaapboere verkies die laparaskopie proses, maar dit is duur.”

Dié proses kos sowat R180 tot R220 per ooi. Die laparaskopie-proses verseker dat die lammers almal dieselfde grootte is.

“Met natuurlike dekking verskil die lammers se grootte. Die Here het ‘n ooi so gemaak dat sy natuurlik moet lam.

Dus is die lammers wat kunsmatig geïnsemineer word, baie kleiner teenoor lammers wat natuurlik verwek is.

“Met kunsmatige inseminasie forseer ‘n mens eintlik die ooi om dadelik dragtig te raak.

“Daar is verskillende menings oor kunsmatige inseminasie. Party mense sê jy verkort die ooi se lewe omdat jy haar forseer om dragtig te word.”

Die Bethal VLU-tak se volgende vergadering is in Julie en belangstellendes kan Lynette Posthumus by 072 203 6230 skakel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Arisja Misselhorn

I have been a journalist for more than 30 years. I worked for Caxton and Beeld and also for my own publication. I returned to Ridge Times in 2018. I became editor for Ridge Times, Standerton Advertiser and Streeknuus in 2023. I completed numerous courses throughout the years, and I have won several awards.

Related Articles

Back to top button