Local newsNews

AfriForum op Bethal skenk weer baie groente

Groentetuin lewer goeie oeste.

AfriForum se Bethal-tak het weer eens ’n groot oes vanuit hul gemeenskapstuin gekry en dit aan Silwerjare Ouetehuis geskenk.

Dié groentetuin het verlede week 100kg spinasie opgelewer. Hierdie oes kom slegs ’n maand nadat dieselfde hoeveelheid spinasie vanuit die tuin aan die Bethal Sopkombuis geskenk is.

Die tuin is in 2021 begin en voorsien weekliks meer as 80 gesinne van vars groente. AfriForum se Bethal-tak het ook onlangs meer as 300kg tamaties aan behoeftiges in die gemeenskap geskenk nadat hul groentetuin so ’n groot oes opgelewer het.

“Die gemeenskap word deur die groentetuin aangemoedig om selfstandig te word en AfriForum se Bethal-tak is trots daarop om ’n aandeel hierin te hê,” het Marilé Nieuwoudt, koördineerder van AfriForum se Bethal groentetuinprojek, gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button