Die VF Plus Standerton-tak het op 4 Julie ’n bloedskenkaksie by die Hervormde Kerk op die dorp gehou.
“Dit is ’n klein bydrae tot ’n groot verandering in iemand anders se lewe,” het raadslid Wilma Venter met groot opgewondenheid gesê.
Dié dag het 17 eenhede opgelewer. Volgens die SANBS kan dié bydraes sowat 51 lewens red.
Venter motiveer die gemeenskap om bloed te skenk sodat hulle hul 30 eenheid doelwit vir Julie kan bereik.
Die volgende skenkgeleentheid vind plaas op 11 Julie, weer by die kerk.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!









