Local newsNews

Onbehoude erf op Standerton brand

Erf in Standerton Sentrale gebied brand af vanweë oorgroeide droeë gras.

Raadslid Wilma Venter het op 11 Julie om 15:23 inwoners probeer opspoor vir ’n sleutel na ’n huis in Charl Cilliersstraat waar ’n brand vinnig die erf oorheers het.

Die perseel was egter onbeset en die erf was na bewering oorgroei.

Die brand het egter aangrensende eiendomme bedreig.

“Die brandweer het vinnig reageer om die vlamme onder beheer te kry, maar erwe wat nie onderhou word deur eienaars nie, bly ’n groot brandrisiko wat maklik skade aan naburige eiendom kan veroorsaak,” het Venter gesê.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button