Local newsNews

Pelser neem weer beste foto by Hoëveld Fotografieklub

Belangstellendes is welkom om volgende byeenkoms op 2 Augustus by te woon.

Dr Leon Pelser se foto, Sunset Meditation, was die beste in die voorgeskrewe onderwerpafdeling by die Hoëveld Fotografieklub se byeenkoms op 12 Julie. Hy het ook ’n sertifikaat van meriete vir dié foto ontvang.

Die beoordelaar vir die aand was Simon du Plessis en die voorgeskrewe onderwerp vir Julie was ‘Peaceful’.

Pelser het ook uitgeblink met sy ander foto’s, Storm on the Way Home in die landskapafdeling en Mighty Joe

Young in die tweekleurige foto-afdeling en sertifikate van meriete vir dié twee foto’s ontvang. Hy het sertifikate van meriete vir beide dié foto’s ontvang.

Danie Smit was die beste onder die senior fotograwe en het dié afdeling gewen met sy foto, Kerkhof.
Hy het ook ’n sertifikaat van meriete vir dié foto ontvang.


Dr Leon Pelser het ’n sertifikaat van meriete vir sy foto, Storm on the Way Home, in die landskapafdeling, ontvang.

Edmund Hattingh was die beste onder die junior fotograwe en het dié afdeling gewen met sy foto, Lion in Late Afternoon Sun.

Hy het ook ’n sertifikaat van meriete vir dié foto ontvang.

Die ander fotograwe wat presteer het en sertifikate van meriete vir hul foto’s ontvang het is Yolande Pietersen vir haar foto, Flamingos in die natuurvoëlsafdeling, Johan Viljoen vir sy foto, Got You, ook in die natuurvoëlsafdeling en Sussa Pelser vir haar foto, Flat Nosed Pit Viper 1 in die natuurafdeling.

Die Hoëveld Fotografieklub se volgende byeenkoms is op 2 Augustus om 18:00 vir 18:30 in die Scrum In by die Sasol Ontspanningsklub.

Belangstellendes is welkom om dié byeenkoms by te woon. Vir meer inligting, skakel Hanno de Beer by 071 365 6440.




LEES OOK: George blames Bethal Hospital doctor for his wife’s miscarriage

LEES OOK: Lekwa Fire Protection Association addresses safety hazards at dumping site

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button