Helpende Hand en Privaatskool Hoëveldrif op Bethal neem hande
Hul doelwit is om volhoubare strukture te skep.
Helpende Hand se plaaslike tak het onlangs hande geneem met Privaatskool Hoëveldrif vir hul nuutste projek om grond te bewerk.
Volgens die skoolhoof, Faan Beeslaar, is die doel van dié projek om voedsel volhoubaarheid in plek te stel.
Die oes van die land wat hulle binnekort gaan begin bewerk, gaan aangewend word om gesinne in nood, wat deur Helpende Hand geïdentifiseer is, by te staan.
Maruné van Vreden, voorsitter van Helpende Hand, het gesê hulle wil spesifiek op kinders, bejaardes en mense met gestremdhede fokus.
Nòg een van Helpend Hand se nuwe projekte op Bethal is om ’n kleuterklub te begin vir ouers wat dit nie kan bekostig om hul kinders in ’n kleuterskool of dagsorgsentrum te plaas nie.
“Die ma’s sal elke tweede Vrydag met hul kleuters bymekaarkom en ons gaan nie net op die kleuters fokus nie, maar ook vir die ma’s lewensvaardighede leer,” het Van Vreden gesê.
Van die lewensvaardighede sluit in hoe om basiese naaldwerk te doen, soos hoe om ’n soom in te sit en hoe om kos voor te berei.
LEES OOK: Mob justice in eMbalenhle leads to murder charges
LEES OOK: New contact numbers for the Secunda Police