Spanne geniet potjiekoskokkedoor op Standerton
Ten spyte van hul hout tekort, het AfriForum die eerste plek en die potjiekostrofee gewen.
Die Standerton Landbou Skou, in samewerking met die Northern Light Foundation, het op 14 September ’n potjiekoskokkedoor gehou.
Drie spanne het hul harte uit gekook om die beoordeelaars se smaakknoppies te prikkel. AGS Ekklesia het hul pot aanmekaar geslaan met liefde en het beslis die mooiste stalletjie gehad.
Die Standerton Advertiser en Ridge Times het saam gekook terwyl hulle ook ’n vreeslike stryd met die wind gehad het.
Die AfriForum Standerton-tak het die kompetisie afgeskop met ’n flop toe hulle hul hout vergeet het.

Die wind was in volle vaart en tussendeur het ’n helikopter boonop daar naby opgestyg en geland, die EMS het in ’n demonstrasie ’n wrak oopgesny en rook van vlamme wat deel van die demonstrasie was, het boonop ook die potmakers gepla.
Kort na die opwinding van die demonstrasie afgesterf het, moes die spanne hul kos aan die beoordeelaars voorlê.
Al drie spanne het goed gevaar.
AGS Ekklesia se span het in die derde plek gekom. Die Standerton Advertiser het die tweede plek ingeneem.
Ten spyte van hul hout tekort, het AfriForum die eerste plek en die potjiekostrofee gewen. Die dag was gesellig en het die rolspelers in ons gemeenskap nader as ooit gebring.
LEES OOK: Is daar ’n slang in die gras by die Kosmos Aftreeoord op Sundra?
LEES OOK: Bejaarde inwoner van aftreeoord op Sundra sterf – dogter soek geregtigheid





