Local newsNewsStreeknuus

Senior burgers geniet Bejaardedag op Delmas

Die inwoners het in die saal byeengekom en met keurig gedekte tafels vol van heerlike lekkernye was daar sommer lekker gekuier.

Senior burgers van die SAVF se Ons Eie Ouetehuis op Delmas is op Bejaardedag (3 Oktober) heerlik bederf.

Die inwoners het in die saal byeengekom en met keurig gedekte tafels vol van heerlike lekkernye was daar sommer lekker gekuier.



Delmas sanger en musikant, Pieter Smit, was ook teenwoordig en het die inwoners vermaak.

Hier en daar het herinneringe en verlange sommige van die inwoners ’n traan laat pik, terwyl ander spontaan saam gesing en sommiges selfs ’n danspassie aangedurf het.



Die bestuurder van Ons Eie, Sharon Rabie, het vir Smit bedank vir die uitmuntende vermaak.

Rabie het verder elkeen wat bygedra het om die spesiale dag vir die inwoners van Ons Eie moontlik te maak, opreg bedank.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button