Local newsNewsStreeknuus

Skoolskoene aan minderbevoorregte leerders in Delmas-omgewing gelewer

“My rol as Toyota SA Knight tesame met my betrokkenheid by die groep People of South Africa, het dit vir my moontlik gemaak om hierdie 100 pare ‘My Walk’ skoene aan minderbevoorregte leerders te skenk.”

Delmas inwoner Tanya Prinsloo is sinoniem met omgee vir haar gemeenskap. Sy het weer op 1 November skoolskoene aan minderbevoorregte organisasies en skole in Delmas-, Eloff-, en Sundra-omgewings geskenk.

Prinsloo is reeds bekend vir haar rol as een van die Toyota Suid-Afrika ‘Knights’. As ‘Knight’ doen sy baie vir haar gemeenskap en lewer gereeld skenkings waar die nood hoog is.

Prinsloo is verder ook betrokke by die organisasie People of South Africa. Sy was ook gedurende Junie vanjaar as direkteur van die organsasie vir Mpumalanga verkies.


LEES OOK: Mike van der Walt groet Secunda na jare


“My rol as Toyota Knight tesame met my betrokkenheid by die groep het dit vir my moontlik gemaak om hierdie 100 pare ‘My Walk’ skoene aan minderbevoorregte leerders te skenk,” het Prinsloo gesê.

My Walk is ’n nie-winsgewende organsasie wat hulle daarop roem om skoolskoene, vervaardig uit afval materiaal, aan minderbevoorregte leerders te skenk.

“Elke kind verdien ’n paar blink nuwe skoolskoene en dit is daarom vir my ’n voorreg om dit vir hulle, wat dit andersins nie sou kon gehad het nie, moontlik te maak.”


LEES OOK: Lekwa Municipality checks school’s ongoing projects


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button