Local newsLocal sportNews

Lede van Meyerville Hengelklub trek 378 visse uit

Dié vangs het ’n totale gewig van 209.09kg opgemaak.

Die Meyerville Hengelklub het onlangs ’n kompetisie gehou waar 59 hengelaars 378 visse na die wal getrek het.

Dié vangs het ’n totale gewig van 209.09kg opgemaak.

In die veterane afdeling het Pikkie Gleeson die eerste plek ingeneem. Hy het 12 vis met ’n gesamentlike gewig van 9.7kg vasgekap.

Richard Hills het die mans meestersafdeling gewen met 34 visse wat gesamentlik 36.72kg geweeg het.

In die senior afdeling het Riaan Pieterse 31 visse met ’n gewig van 20.58kg uitgetrek. Ilene Schonken het die vroue meesterafdeling oorheers. Haar sak van sewe visse het 4.42 kg geweeg.

Elize Potgieter het met 13 visse met ’n gesamentlike gewig van 11.82kg vasgekap. Ruan van Zyl het in die junior afdeling meegeding. Hy het 18 visse uitgetrek met ’n gesamentlike gewig van 11.6kg.

In die junior junior afdeling het Wianco Lottering eerste geplaas. Hy het 12 visse met ’n gewig van 6.42kg gevang.



LEES OOK: Domestic workers and employers in Secunda can expect a visit

LEES OOK: Bejaardes by tehuis op Standerton kry hul eie kunsstudio

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button